Fotogallery Diere Kontak ons
Leeu
Male lion
Alhoewel die leeu as die “koning van die oerwoud” beskou word, ...
kom leeus nie natuurlik in woude voor nie, maar vanaf semi-woestyn tot bosveld of savanne habitat. Die leeu is Afrika se grootste karnivoor en kat; die tweede grootste kat op aarde naas die tier en die enigste katspesie wat leef en jag in groepe.

Beide mannetjies en wyfies kan brul (hoorbaar tot sovêr as 8 km), en beide geslagte verdedig ook die trop se gebied. Slegs volwasse mannetjies het egter maanhare (± 16 cm lank), wat leeus die spesie met die grootste geslagsdimorfisme in enige kat of enige ander karnivoor maak. Die maanhare verdonker met ouderdom en spanning weens ‘n gebrek aan voedsel of beserings, is gewoonlik die oorsaak vir die verlies van maanhare by volwasse mannetjies. Mannetjies van die Senegalese leeu (P. l. senegalensis) van Wes-Afrika het feitlik geen maanhare nie terwyl die berugte mensvreter-leeus van Tsavo in Oos-Afrka, almal maanhaarlose leeumannetjies was. Alhoewel die leeu as Afrika se grootste mensvreter beskou word, sal ‘n leeu ‘n mens meestal net aanval indien die leeu honger is, uit vrees of om die welpies te beskerm. Ten einde kompetisie te verminder, byt leeus altyd die onbewaakte kleintjies van ander predatore soos luiperds, jagluiperds en hiënas dood, maar eet hulle nie altyd nie.

Lion prideLeeus, tiere, luiperds en jaguars (genus Panthera) is algemeen bekend as “groot katte”, hoofsaaklik weens hul groter liggaamsgrootte en hul vermoë om te kan brul (onverbeende en elastiese suspensorium laat die stemkas vrylik beweeg). ‘n Trop leeus kan tot 40 lede hê, insliutend 2 tot 18 nouverwante wyfies plus hul welpies en tot 7 territoriale mannetjies. Aangesien leeus eersteklas swerwers is, word troplede meestal alleen of in klein subgroepies van 3 tot 5 leeus gesien. Alhoewel hulle dikwels in daglig beweeg of jag, rus of slaap hierdie groot katte vir tot 16 ure per dag en is hulle meestal snags aktief (± 88% van alle suksesvolle jagpogings vind snags plaas). Hulle is bedrewe en baie slim jagters met ‘n merkwaardige vermoë om prooigedrag te voorspel. Leeuwyfies eerder as mannetjies doen gewoonlik die jagwerk aangesien wyfies ligter, kleiner, vinniger en sonder opvallende maanhare is. Hierdie opportunistiese predatore sal bykans enige prooi eet, gewillig aas vreet al is dit reeds vrot en volwassenes sal tot 25% van hul eie massa ((± 50 kg) in een maal verslind. Buiten vir hiëna-geluide, hou leeus dikwels aasvoëls dop om hulle na ‘n moonlike maal te lei en in sommige streke, is tot 80% van alle karkasse waaraan leeus vreet, deur hiënas gevang en gedood. Wanneer mannetjies wel jag, is buffels meestal die voorkeur prooispesie want hulle kan vasgekeer en oorweldig word sonder om nagejaag te word. Horingagtige papille op die tong word gebruik om vleis vanaf bene en deur die vel van prooi te skraap; water op te lek en om parasiete tydens pelsversorging te verwyder. Leeus is goeie swemmers en kan ook boomklim.

White lionsAlle leeus het kolle. Welpies word met kolle gebore en alhoewel vaag, bly die kolle in volwassenes behoue. Die rangskikking van die swart snorbaardspikkels op ‘n leeu se gesig is net so uniek soos vingerafdrukke by mense. Hulle is die enigste grootkat-spesie met ‘n haarklossie op die punt van die stert en dit verberg ‘n horingagtige nael of uitsteeksel. Leeus het die langste dragtyd van alle katte en is ook die katspesie waar welpiemoord (meestal deur nuwe dominante mannetjies) algemeen en wyd voorkom. Witleeus, inheems tot suiderlike Afrika, is genetiese mutasies en nie albino’s nie omdat hul oë gepigmenteerd is en nie pienk-rooi nie. Die normale swart snorbaardspikkels, stertklossie, neus en lippe is ligter in hierdie skaars leeus en hul voetkussinkies is pienkerig en nie donker grys nie.

Alhoewel leeus voorheen in die natuur in Europa en Noord-Afrika voorgekom het, is hulle nou uitgesterf in die streke terwyl die Asiatiese leeu tans deur uitsterwing in die natuur bedreig word. In Afrika word die grootste konsentrasie van leeus in die natuur in die Ngorogoro-kraterstreek van die Serengeti in Tanzanië aangetref. Sedert 1950 het die aantal wilde leeus in Afrika met meer as 80% afgeneem, hoofsaaklik weens die mens se aktiwiteiete.

ANDER NAME: Lion; Löwe; Tau; Shumba; Simba; Ndau; Ngonyama; Xamm; Kibaax.

Gaan lees gerus verder oor die leeu en 100 ander Afrika-soogdiere in ...

 

SOOGDIERE van AFRIKA
"SOOGDIERE VAN AFRIKA"
Hierdie pragtig geïllustreerde boek (224 bladsye, grootte: 280 x 215 x 15 mm) gaan uitsluitlik oor die ontdekking van ‘n 101 van Afrika se verstommende soogdierspesies - insluitend die fennek.
Dit verskil van enige ander bestaande diereboek daarin dat daar gefokus word op die verskaffing van soveel moontlike unieke inligting oor elke spesie in ‘n kompakte, tog uiters informatiewe en puik geïllustreerde wyse. Ander ingeslote inligting sluit in: vergelykende tabelle oor al 101 spesies, rekords gehou deur alle soogdiere van Afrika, verspreidingskaarte, en nog vele meer. Besigtig gerus ons "BLOG" vir nog meer ...
meer inligting
Wild-en-Wakker
Wild-en-Wakker se Internet-Winkel:
besoek gerus ons "aanlyn-winkel" vir nog meer "natuur-goeters". Alle wins met die verkoop van hierdie produkte word weer vir verdere Bewaringsopvoeding aangewend (slim, nê ..!).
gaan kyk gerus
DJANI Wildlife Projects
Ons "INGELSE webblad":
vir die outjies wat "Ingels" ook kan verstaan, gaan loer gerus op die Engelse weergawe van ons webblad.
gaan bekyk ons in "INGELS"

 

 
Projekte:

Al ons projekte is primêr gefokus op "BEWARING deur OPVOEDING" aangesien ingeligde mense meer bewaringsbewuste mense is.


AANBIEDINGE
SKOLE
BESIGHEIDSEKTOR
DIEREKAARTE
DIERELEWE BOEKE
ANDER PRODUKTE

spacer

Nog diere:

FennekDie kleinste vos in Afrika en op aarde ...
Fennek

spacerGroototterAfrika se grootste otter ...
Groototter

Wild-en-Wakker
Soek iets ...
Kies webblad om in te soek:


 

  Tuisblad Span Diere Kontak ons  
Kopiereg © 2010-2011. DJANI Wildlife Projects. Alle regte voorbehou.

Webblad ontwerp en gehuisves deur: DJANI Wildlife