
|
Dierelewe- & Bewaringsaanbiedinge: professionele dierelewe- en opvoedkundige omgewingsbewarings-aanbiedinge word gratis en direk by die skool aangebied. Indien versoek kan lesings of aanbiedinge ook by een van die ondersteunende private natuurreservate of wildplase aangebied word.Meer as 50 000 leerders en personeel is gedurende die afgelope 18 maande reeds toegespreek.
Vir meer inligting ...
|
kontak ons |
 |
Korporatiewe aanbiedinge:
professionele dierelewe- en omgewingsbewarings-aanbiedinge word op 'n hoogs informatiewe tog uiters vermaaklike wyse deur dr. Grundlingh aangebied. Verskeie temas is beskikbaar, vanaf ernstige wildlewe en omgewingsbewaring tot "die dier in die kantoor". Voeg iets nuuts sommer vandag nog op die agenda van die volgende konferensie byeenkoms. |
kontak ons |

|
Dierelewe Boeke:
Hierdie pragtig geïllustreerde boek (224 bladsye, grootte: 280 x 215 x 15 mm) gaan uitsluitlik oor die ontdekking van ‘n 101 van Afrika se verstommende soogdierspesies.
Dit verskil van enige ander bestaande diereboek daarin dat daar gefokus word op die verskaffing van soveel moontlike unieke inligting oor elke spesie in ‘n kompakte, tog uiters informatiewe en puik geïllustreerde wyse. Ander ingeslote inligting sluit in: vergelykende tabelle oor al 101 spesies, rekords gehou deur alle soogdiere van Afrika, verspreidingskaarte, en nog vele meer. Besigtig gerus ons "BLOG" vir nog meer ...
|
meer inligting |

|
Diere Troefkaarte - "Veldgids in 'n Pakkie":
'n versameling van 9 verskillende titels (pakkies) opvoedkundige dierelewe troefkaarte ("trump cards").
daar is 3 verskillende reekse:
die AFRIKA-, Wêreld-, en Junior-reekse. Al die inligtting op die kaarte is professioneel deur DJANI Wildlife nagevors en saamgestel om ure se se pret, vermaak en hope diere-inligting te verskaf.
"LEER terwyl jy SPEEL".
Elke pak bevat 40 verskillende dierkaarte plus een kaart met die reëls. Twaalf verskillende speletjies kan met een pak kaarte gespeel word. Komboineer die verskillende pakke en speel 15 verskillende speletjies!!!!!!!
|
meer inligting |
|
Wild-en-Wakker se Internet-Winkel:
besoek gerus ons "aanlyn-winkel" vir nog meer "natuur-goeters".
Alle wins met die verkoop van hierdie produkte word weer vir verdere Bewaringsopvoeding aangewend.
|
gaan kyk gerus |
 |
Ons "INGELSE webblad":
vir die outjies wat "Ingels" ook kan verstaan, gaan loer gerus op die Engelse weergawe van ons webblad. |
gaan bekyk ons in "INGELS"
|